Goedkoper as paraffien


By Kagiso naby Krugersdorp aan die Wes-Rand grawe werklose vroue soos Nomfusi Mboyisa met grawe en hul kaal hande steenkool uit die ashoop van ’n ou myn.
Die vroue, wat nie geld vir elektrisiteit of paraffien het nie, gebruik die steenkool om vuur mee te maak by die huis – of verkoop dit teen R100 vir ’n 50 kg-streepsak. Die tonnels is gevaarlik en kan maklik instort, maar Mboyisa is elke dag daar. “Dis nou koud en ’n mens moet eet.”
(Images Copyright Nicolene Olckers).












Comments